Baie kinders het van tyd tot tyd addisionele oefeninge of aktiwiteite nodig om optimaal te presteer op skool. Tuishulp maak hulp toeganklik vir Afrikaanssprekende ouers en kinders. As jy 'n onderwyser is en jy soek materiaal, is jy ook baie welkom!
As jy ouerskapwenke soek of met ons jou wenke wil deel, is jy ook op die regte plek. Ons blog word bykans daagliks opgegradeer en jy sal ons ook op Facebook kry.
Graadpakkette vir 2012 nou beskikbaar!
Tuishulp Ouerskapwenke
1 - Huiswerkwenke vir ouers 2 - Ouers laat kinders presteer 3 - Tuiswerk 4 - Dissipline Tegniek 5 - Aanleer van tafels 6 - Handskrif 7 - Oefeninge vir spiertonus 8 - Lae Spiertonus 9 - Leer klanke in Graad 1 10 - Lees in die Hoërskool
Wat is ‘n ouer se rol tydens huiswerksessies? Wees ingelig: gesels met jou kind se onderwyser. Maak seker jy weet wat die doel van die huiswerk is en wat die klasreëls is. Wees entoesiasties: praat positief oor die skool, oor skoolwerk en veral oor huiswerk. Help jou kind om te beplan: leer hoe om tyd [...]
Daar is 4 dingetjies wat ouers kan doen om hulle laerskoolkinders te help om beter te presteer: Praat: Gesels met jou kind oor die skool. Vra elke dag uit hoe dit gegaan het. Gesels oor vriende, aktiwiteite, onderwysers en take. Stel doelwitte: Help jou kind om spesifieke doelwitte te stel wat haalbaar is. Fokus op [...]
Die Weskaapse Onderwysdepartement moedig ouers aan om hulle kinders te help om die volgende te ontwikkel tydens tuiswerk-sessies: Verantwoordelikheid: Laat jou kind elke dag op dieselfde plek en tyd sy tuiswerk doen. Hy moet verantwoordelikheid aanvaar daarvoor. ‘n Gevoel van genoegdoening: Jou kind sal trots voel as sy hard werk en tuiswerktake daagliks afhandel. Sy [...]
Hierdie baie bekende metode van dissipline word gebruik deur “Super Nanny” wat ons op TV sien. Om hierdie metode toe te pas, is dit belangrik dat al die stappe gevolg moet word. Dit moet ook in die volgorde gedoen word soos dit hieronder beskryf word. Om dissipline toe te pas, is daar twee elemente wat [...]
Hoe beter jou kind sy tafels ken, hoe makliker gaan Wiskunde vir hom wees. Hier is ‘n aanleermetode vir tafels wat van die webwerf www.heinemann.co.za af kom. Laai hier af: HeinemannMaaltafels
Voorskoolse kinders en kinders in die Grondslagfase (Graad R – 3) moet hulle kleinspiertjies sterk maak sodat hulle makliker kan skryf. Hier is ‘n paar idees om daardie spiere te oefen: Speel met speelklei. Knip verskillende materiale: papier, karton, lap en watte. Skeur stukkies papier fyn – gebruik dit sommer om ‘n mooi prentjie te [...]
Hier volg ‘n paar oefeninge wat jy met jou kind kan doen om sy spiertonus te verhoog: Terwyl sy TV kyk, moet sy op haar magie lê. Sy mag nie haar kop op haar hande sit nie. Belê in ‘n trampolien – dis uitstekende oefening en help baie met spiertonus. Laat jou kind baie met [...]
Spiertonus verwys na die hoeveelheid spanning wat in elke spier is. ’n Kind met lae spiertonus moet meer inspan om ‘n spier tot aksie te bring. Kenmerke van lae spiertonus: ‘n Kind lê graag op sy arms. Jou kind druk baie hard met sy potlood. Jou kind wieg terwyl hy sit. Jou kind kan sy [...]
Deur die loop van Graad 1 gaan jou kleinding leer lees. Aanvanklik gaan die juffrou vir hulle ‘n klankie op ‘n slag aanleer. Veral in die eerste helfde van die jaar is die aanleer van hierdie klanke baie belangrik. Jy kan jou kind soos volg help: Vind uit wat jou kind se leerstyl is. Daar [...]
Wanneer kinders hoërskool toe gaan, aanvaar ons hulle kan lees. Dit is egter belangrik dat jy moeite doen om jou kind te hoor lees sodat jy kan seker maak haar leesvaardighede is op standaard. Wanneer jou kind vir jou lees, en hy haak vas by ‘n woord, lees jy gewoon die woord vir hom en [...]
As jy ouerskapnuus en inligting oor ons produkte wil ontvang, stuur 'n boodskappie na admin@tuishulp.co.za of voltooi die vormpie hieronder.
Tuishulp kan gekontak word by:
E-pos: admin@tuishulp.co.za
Faks: 086 693 4596
Selfoon: 082 338 3173
Laai 2012 se pragtige kalender vol raad en wenke hier gratis af.
|