Tuishulp
Leerhulp in jou taal!
Lees
Gedrag
Spelling
Wiskunde
Speletjies
Leerprobleme
Produkte Idees
Skrif
Motivering
Kreatiwiteit
Verantwoordelikheid
Wenke
Aktiwiteite
Praatvaardighede
Selfbeeld
Vakansie-aktiwiteite
April, 2010
May, 2010
June, 2010
July, 2010
Skrif

RSS
Wenke om jou kind met sy skrif te help.
Fyn motoriese ontwikkeling
5/6/2010 1:25:14 AM
Dis belangrik dat 'n kind se fyn motoriese spiere geoefen word. Dit help hom om die pen of potlood vas te hou. Laat jou kind die volgende doen:
  • Tel papiertjies van die grond af op. Gebruik later net twee vingers.
  • Speel met 'n stresbal in jou vuis.
  • Werk met 'n naald en gare.
  • Maak 'n strik.
  • Vleg 'n pop (of 'n mens) se hare.
  • Speel met klei.
  • Trek lyne en patrone op 'n vel papier en laat jou kind dit uitknip.
Groot motoriese ontwikkeling
5/6/2010 1:24:03 AM
Voordat die jong kind kan leer om fyn te vat, soos om te skryf, moet hy eers sy groot bewegings oefen.

Dis belangrik dat kinders hulle skouers en armspiere oefen. Dit ontwikkel veral tydens speel op die klimraam waar kinders aan hulle arms hang.

Indien jou omstandighede van so 'n aard is dat jy nie jou kind buite kan laat klim en klouter nie, maak soms binne toegewings, soos om kinders te laat "huisies" bou van stoele, komberse en lakens.

Moedig jou kind ook aan om bal te skop en gooi soms saam met haar bal.

Die middae in die week is soms te vol - gebruik hierdie naweek om saam met jou kind buite te speel. Dit is goed vir jou kind, vir haar ontwikkeling, julle verhouding en sal jou ook sommer 'n bietjie laat ontspan!
Skrif: werk binne die lyne
5/6/2010 1:23:30 AM
Indien jou kind onleesbaar skryf of as hy nog in Graad R of 1 is, trek vir hom lyne waarbinne hy sy letters moet maak.

1. Trek lyne op 'n skoon bladsy sonder lyntjies.
2. Trek drie lyntjies vir elke rytjie letters.
3. Laat jou kind oefen om die letters binne die lyntjies te maak.
4. 'n "a" sal net in die middelste lyntjie wees. Maak seker dit raak bo en onder.
5. 'n "b" sal in die middelste en boonste rytjie wees.
6. 'n "g" sal in die middelste en onderste rytjie wees.

Hoe jonger jou kind, hoe dikker is die skryfding waarmee hy skryf. Laat jou voorskoolse kind met vetkryte skryf en letters maak. Jou Graad 1 kind skryf met "uitdraaikryte" en jou Graad 2 kind met kleurpotlode.

As jou kind al verby die Grondslagfase is en lelik skryf, gebruik boeke met dunner lyne. Laat hy drie lyne gebruik vir elke rytjie letters.
Oogtoetse
5/6/2010 1:22:09 AM
Ons plaaslike optometrist doen gratis oogtoetse vir kinders onder die ouderdom van 12. Vind gerus by joune ook uit.

Dis belangrik dat alle kinders se oë getoets is teen die tyd wat hulle skool toe gaan. Kinders se oë word getoets vir sigprobleme, soos bysiende en versiende. Verder kyk die oogarts vir astigmasie, "lui" ogie en skeelheid. Kinders moet ook 'n kleurtoets aflê om te bepaal of daar kleurblindheid is.

Gaan kyk gerus by
http://www.specsavers.co.za en klik op Kids right to good sight vir meer inligting oor gratis oogtoetse.
Aktiwiteite voor jou kind begin skryf
5/6/2010 1:21:06 AM
Skrifoefeninge kan voorafgegaan word deur aktiwiteite wat jou kind voorberei op die vorming van letters.

Kinders leer eers konkreet voordat hulle abstrak kan leer. Laat jou kind eers die letters voel, voor hy dit skryf.
  • Maak letters uit klei uit (laat jou kind dit self doen met jou hulp). Rol lang worsies en gebruik dit om letters te maak.
  • Gebruik 'n hoepel en 'n springtou en vorm die letters op die grond. Hierdie oefening kan gedoen word terwyl die kind letters leer skryf, soos in Gr 1.
  • Laat jou kind sy lyfie gebruik om letters na te boots. Blaai gerus terug op die blog vir 'n volledige diagram van elke letter.
  • Maak letters met pypskoonmakers - kyk weereens terug op die blog vir instruksies.
  • Maak letters uit materiale met ander teksture, soos skuimrubber en skuurpapier.
  • Bou letters met blokkies, soos Lego blokkies.
  • Skryf letters in die sand - die strand is 'n uitstekende plek om hierdie komende vakansie lettervorming te oefen!
16 items total 1  2  3  4 

<< All categories