Baie kinders het van tyd tot tyd addisionele oefeninge of aktiwiteite nodig om optimaal te presteer op skool. Tuishulp maak hulp toeganklik vir Afrikaanssprekende ouers en kinders. As jy 'n onderwyser is en jy soek materiaal, is jy ook baie welkom!
As jy ouerskapwenke soek of met ons jou wenke wil deel, is jy ook op die regte plek. Ons blog word bykans daagliks opgegradeer en jy sal ons ook op Facebook kry.
Graadpakkette vir 2012 nou beskikbaar!
Tuishulp Ouerskapwenke
1 - Hiperaktiwiteit 2 - Leesspoed in die Hoërskool 3 - Leesspoed in die Laerskool 4 - Lees in Graad 1 5 - Huiswerkwenke vir ouers 6 - Ouers laat kinders presteer 7 - Tuiswerk 8 - Dissipline Tegniek 9 - Aanleer van tafels 10 - Handskrif
Hiperaktiwiteit word geklassifiseer as onvolwasse gedrag, aangesien die kind nie sy gedrag kan beheer nie. Kinders wat hiperaktief is, het nie noodwendig leerprobleme nie. Daar is hoofsaaklik 4 tipes hiperaktiwiteit en deur te bepaal hoekom jou kind hiperaktief is, kan die hantering daarvan vergemaklik. Genetiese oorsake – die kind is reeds van geboorte af hiperaktief. [...]
Die volgende doelwitte is ‘n aanduiding van hoeveel woorde per minuut ‘n hoërskoolkind moet kan lees: Graad 8: 204 woorde per minuut Graad 9: 214 woorde per minuut Graad 10: 224 woorde per minuut Graad 11: 237 woorde per minuut Graad 12: 250 woorde per minuut
Hoe vinnig moet ‘n kind kan lees in die laerskool? Hierdie mylpale behoort ‘n aanduiding te wees: Graad 2: 115 woorde per minuut Graad 3: 138 woorde per minuut Graad 4: 148 woorde per minuut Graad 5: 173 woorde per minuut Graad 6: 185 woorde per minuut Graad 7: 195 woorde per minuut
Hoe goed is ‘n kind in Graad 1 veronderstel om te kan lees? Hier is ‘n paar mylpale wat as aanduiding kan dien: Einde van die eerste kwartaal: 17 woorde per minuut Einde van tweede kwartaal: 35 woorde per minuut Einde van derde kwartaal: 62 woorde per minuut Einde van vierde kwartaal: 80 woorde per [...]
Wat is ‘n ouer se rol tydens huiswerksessies? Wees ingelig: gesels met jou kind se onderwyser. Maak seker jy weet wat die doel van die huiswerk is en wat die klasreëls is. Wees entoesiasties: praat positief oor die skool, oor skoolwerk en veral oor huiswerk. Help jou kind om te beplan: leer hoe om tyd [...]
Daar is 4 dingetjies wat ouers kan doen om hulle laerskoolkinders te help om beter te presteer: Praat: Gesels met jou kind oor die skool. Vra elke dag uit hoe dit gegaan het. Gesels oor vriende, aktiwiteite, onderwysers en take. Stel doelwitte: Help jou kind om spesifieke doelwitte te stel wat haalbaar is. Fokus op [...]
Die Weskaapse Onderwysdepartement moedig ouers aan om hulle kinders te help om die volgende te ontwikkel tydens tuiswerk-sessies: Verantwoordelikheid: Laat jou kind elke dag op dieselfde plek en tyd sy tuiswerk doen. Hy moet verantwoordelikheid aanvaar daarvoor. ‘n Gevoel van genoegdoening: Jou kind sal trots voel as sy hard werk en tuiswerktake daagliks afhandel. Sy [...]
Hierdie baie bekende metode van dissipline word gebruik deur “Super Nanny” wat ons op TV sien. Om hierdie metode toe te pas, is dit belangrik dat al die stappe gevolg moet word. Dit moet ook in die volgorde gedoen word soos dit hieronder beskryf word. Om dissipline toe te pas, is daar twee elemente wat [...]
Hoe beter jou kind sy tafels ken, hoe makliker gaan Wiskunde vir hom wees. Hier is ‘n aanleermetode vir tafels wat van die webwerf www.heinemann.co.za af kom. Laai hier af: HeinemannMaaltafels
Voorskoolse kinders en kinders in die Grondslagfase (Graad R – 3) moet hulle kleinspiertjies sterk maak sodat hulle makliker kan skryf. Hier is ‘n paar idees om daardie spiere te oefen: Speel met speelklei. Knip verskillende materiale: papier, karton, lap en watte. Skeur stukkies papier fyn – gebruik dit sommer om ‘n mooi prentjie te [...]
As jy ouerskapnuus en inligting oor ons produkte wil ontvang, stuur 'n boodskappie na admin@tuishulp.co.za of voltooi die vormpie hieronder.
Tuishulp kan gekontak word by:
E-pos: admin@tuishulp.co.za
Faks: 086 693 4596
Selfoon: 082 338 3173
Laai 2012 se pragtige kalender vol raad en wenke hier gratis af.
|