|
| FK062 Flitskaarte Getalkombinasies 1 - 10 |
Seker die belangrikste Wiskundige begrip wat jou kind in Graad 1 gaan leer, is Getalkombinasies (word in Engels Number bonds genoem). As jy weet dat 5 en 2 "maats" is van 7, weet jy dat 5 + 2 = 7 en hoef jy dit nie eers uit te werk nie. Graad 1 kinders moet "Getalkombinasies van 1 - 10" ken. Hierdie 65 flitskaartjies sal dit sommer baie makliker maak. Dit sluit in:
- Getalkombinasies van 2
- Getalkombinasies van 3
- Getalkombinasies van 4
- Getalkombinasies van 5
- Getalkombinasies van 6
- Getalkombinasies van 7
- Getalkombinasies van 8
- Getalkombinasies van 9
- Getalkombinasies van 10
|
|
|
|
|
|
| FK065 Flitskaarte Dobbelsteentjies 0-34 |
Al die getalle van 0 tot 34 kom op hierdie dobbelsteentjies voor.
- Laat jou Graad R-kind die dobbelsteentjies gooi en die getal lees.
- Laat jou Graad R-kind die dobbelsteentjies gooi en soveel tellertjies uittel.
- Maak optel- en aftreksomme vir jou Graad 1 - 3 kind deur meer as een dobbelsteentjie te gooi.
- Maak vermenigvuldigingsomme vir jou Graad 3 - 5 kind deur meer as een dobbelsteentjie te gooi.
- Maak maaltafels pret deur meer as een dobbelsteentjie te gooi.
|
|
|
|
|
|
| FK066 Flitskaarte "ei" woorde |
| 10 "ei"-woorde. Druk hierdie flitskaarte rug-aan-rug. Die voorkant het 'n prentjie en die woord op. Die agterkant het net die prentjie op. Flits die voorkant vir jou kind sodat hy die woorde kan lees. Wys daarna net die prentjies sodat hy die woorde kan skryf. Geskik vir Graad 1 en 2. Ook geskik vir woordeskat vir Graad R. |
|
|
|
|
|
| FK060 Flitskaarte Liggaamsdele |
| 31 Flitskaarte met liggaamsdele. Sluit in: prent, woord in Afrikaans en woord in Engels. Geskik vir moedertaalsprekers Graad R - 2 en tweedetaalsprekers Graad 3. |
|
|
|
|
|
| FK068 Flitskaarte Alfabetletters |
Tien stelle flitskaarte wat al die letters van die alfabet wys. Elke stel het 'n ander soort lettertipe. Dit wys ook hoe om die letters te maak in gewone- en lopende skrif. Daar is ook 'n stel wat net kleinletters het en 'n ander wat net hoofletters het. Vertoon die letters teen die muur of laat jou kind daarmee werk deur woorde te bou.
In Graad 3 moet die kinders die alfabet in volgorde leer - hierdie flitskaarte maak dit sommer groot pret.
Geskik vir Graad 1 - 3.
|
|
|
|
|
|
| FK070 Flitskaarte Klanke Prentjies |
Die beste manier om die name van die klanke in Graad 1 te leer, is met prent-assosiasies. Elkeen van die klanke word in hoof- en kleinletters saam met 'n prentjie van 'n woord op 'n flitskaartjie gesit. As die kind die prentjie herken, kan hy ook die klank herken. Daar is 26 flitskaarte in hierdie reeks.
|
|
|
|
|
|
| FK075 Flitskaarte Alfabet |
Die letters van die alfabet. Druk uit as flitskaarte en gebruik om die alfabet-volgorde te leer (Graad 3) of bou woorde daarmee (Graad 1).
|
|
|
|
|
|
| FK078 Flitskaarte Geldmunte |
| Velle vol geldmunte van Suid-Afrikaanse munte. Druk dit op karton, lamineer, knip uit en laat jou kind leer van geld. |
|
|
|
|
|
| FK079 Flitskaarte Horlosie in Kleur |
| 'n Oulike horlosiegesig in kleur. Gebruik dit om jou kind te leer hoe om tyd te lees. 'n Lys van aktiwiteite is ingesluit. Geskik vir Graad 1, Graad 2 en Graad 3. |
|
|
|
|
|
|
|
| FK082 Flitskaarte Springtel |
| Verduidelik vir jou kind op 'n visuele manier hoe om in 2's, 5'e, 10'e en 100'e te tel. Geskik vir Graad 1 en Graad 2. |
|
|
|
|
|
|
| FR002 Flitsreeks: Gr 1 Klanke |
Ontvang al die Graad 1 "klinker-klanke". Sluit in: e, ee, eu, i, ie, oe, ou, u, ui, uu, y, o, a, oo en aa. (Dis 'n samevoeging van die volgende Flitskaarte: FK046-FK052, FK054-FK058 en FK029-FK032). Druk hierdie flitskaarte rug-aan-rug. Die voorkant het 'n prentjie en die woord op. Die agterkant het net die prentjie op. Flits die voorkant vir jou kind sodat hy die woorde kan lees. Wys daarna net die prentjies sodat hy die woorde kan skryf. Geskik vir Graad 1. Ook geskik vir woordeskat vir Graad R.
Let wel: die lêer is 20MB groot en jy sal 'n gebruiksnaam en sleutelwoord ontvang om dit direk van die Internet af te laai. |
|
|
|
|
|
|
| FW001 Flitskaart Woorde |
| Verskeie woordkaartjies wat herkenning van woorde vir Gr.R - Gr.2 vestig. Beskikbaar in Afrikaans en Engels. |
|
|
|
|
|
| FR004 Flitsreeks: Boeke van die Bybel |
| 66 Flitskaarte wat elke boek van die Bybel op 'n visuele manier voorstel. Geskik vir tuisonderrig en Sondagskool. Met hierdie flitskaarte kan jou kind maklik die name van die Bybel leer en onthou. Hierdie flitskaarte word direk met 'n skakel van die Internet afgelaai (10MB in grootte). |
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| P041 Plakkaat Vorms |
| Een van 7 Plakkate in die Vorms en 3D Vorms-reeks. Geskik vir Gr.R en Gr. 1 |
|
|
|
|
|
|
| P043 Plakkaat Sfere |
| Een van 7 Plakkate in die Vorms en 3D Vorms-reeks. Geskik vir Gr. R en Gr. 1 |
|
|
|
|
|
| P045 Plakkaat Keëls |
| Een van 7 Plakkate uit die Vorms en 3D Vorms-reeks. Geskik vir Gr. R en Gr. 1 |
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| P079 Plakkaat Alfabet |
Hierdie prettige plakkaat wys al die letters van die alfabet. Ideaal vir Graad 3's wat die alfabet in volgorde moet leer. Geskik vir Graad 1 - 3.
|
|
|
|
|
|
| P080 Plakkaat Alfabet Klanke |
Hierdie plakkaat is ideaal vir Graad 1's wat hulle klanke moet leer. Elke klank (of letter) word met 'n prentjie geassosieer. Vir kinders wat sukkel met klanke, is hierdie 'n móét.
|
|
|
|
|
|
|
| P082 Plakkaat Padveiligheidspeletjie |
| 'n Lekker speletjie om te speel oor padveiligheid. Kry 'n dobbelsteentjie en speel dit saam met jou kind. Daar word sommer 'n paar telvaardighede ook betrek. Geskik vir Graad R , Graad 1 en Graad 2. |
|
|
|
|
|
|
| RS004 Resep Paaskoekies |
| Bak Paaskoekies. Ons het 'n oulike resep vir Paaskoekies met vergelykings na Jesus se kruisiging. Daar is ook teksverse by wat julle kan naslaan. |
|
|
|
|
|
| RS002 Resep Visuele Koekresep |
Maak 'n sjokoladekoek in 'n koppie. Die prentjies maak dit moontlik vir selfs kleintjies wat nog nie kan lees nie, maar wie ook graag vir Mamma in die kombuis wil help. Geskik vir Voorskoolse kinders tot Gr.1 leerders.
|
|
|
|
|
|
| WB009 Werksblaai Veiligheid met Bloed |
| 1 Aktiwiteit en 2 Inkleurprente wat kan dien as gesprekspunt om jou kind basiese veiligheid wanneer bloed ter sprake kom, te leer. Geskik vir Gr.R en Gr.1 |
|
|
|
|
|
|
|
|
|