|
|
|
|
|
| PK005 Leer en Studie kursus (DVD-stel) |
Die kursusmateriaal bestaan uit ‘n DVD-stel en ‘n werkboek. Dis nie ‘n “live” opname nie, maar ‘n gerigte kursus spesifiek vir tuisgebruik. (Gewone prys: R620)
Die volgende word bespreek:
- Wat leerstyle is en hoe dit leer beïnvloed
- Identifiseer jou kind se leerstyl
- Perseptuele oriëntering en leervoorkeure met spesifieke riglyne oor hoe om studie aan te pas
- Leertegnieke vir elkeen van die leerstyle
- Geheuetegnieke
- Studiemetodes
- Spesifieke tegnieke vir leer en studie
- Hoe om effektief op te som dmv ‘n breinkaart
- Konsentrasie en hoe om jou kind te laat konsentreer
- Kenmerke van ‘n gemotiveerde kind
- Hoe om jou kind te motiveer
- Hoe om jou kind te help voorberei vir eksamens en toetse
- Die rol van ouers tydens die eksamen
Die kursus is primêr op ouers gerig, maar daar is gedeeltes wat jy graag saam met jou kind sal wil kyk. As jy ‘n hoërskoolkind het, is ek amper seker jy sal bykans die hele DVD saam met jou kind kan kyk.
|
|
|
|
|
|
| FW021 Leesstukke in Kursiewe skrif |
| Moet jou kind kursiewe skrif (vasskryf/ lopende skrif) leer? Hierdie leesstukke sal help om dit te leer lees. Daar is 3 lettertipes ingesluit om die verskillende provinsies se voorkeure te akkommodeer. |
|
|
|
|
|
| EG001 Stories wat kinders van emosies leer |
Alle kinders hou daarvan om na stories te luister. Nou is daar ‘n versameling stories op CD beskikbaar wat kinders meer oor hul gevoelens leer en hulle daardeur emosioneel bemagtig.
Die stories handel oor algemene gebeure en fokus op emosies soos bly, bang, woede, kwaad, trots en hartseer. Kinders tot die ouderdom van 11 jaar behoort waarde én genot uit dié CD te put.
Die stories is deur dr. Elize Groenewald geskryf met 'n ervare en uitgebreide ondervinding van ouerleiding en spelterapie (kinderterapie). |
|
|
|
|
|
| CD062 Stories wat kinders lewensvaardighede leer |
Thandi en die monster plant
‘n Storie wat kinders die waarde van vergifnis leer
Zipper en die groot oseaan
Die doel van die storie is om kinders te leer hoe om verlies te hanteer
Millie mier wat almal tevrede wou stel
‘n Storie wat kinders leer hoe om ‘n positiewe selfbeeld te ontwikkel
Festa feetjie en die trolle
Leer kinders hoe om boelies te hanteer
Ollie olifant wat graag ‘n maatjie wou hê
Leer kinders die negatiewe gevolge van steel
Jason en sy ouers se egskeiding
Leer kinders hoe om ‘n egskeiding te hanteer
‘n Storie wat kinders rustig maak
‘n Storie wat kinders help om te ontspan |
|
|
|
|
|
| EG003 DVD-pakket Aanrakingsterapie |
Hierdie DVD en praktiese handleiding wys ouers hoe om aanrakingsterapie te gebruik. Aanrakingsterapie is 'n terapeutiese metode vir ouers om hulle kinders te help om emosies te hanteer en beheer. Deur hierdie metode kan daar 'n veilige verhouding tussen ouers en kinders gebou word.
'n Aanrakingsterapie-sessie bestaan uit drie fases: Aanraking, Lag en Koester.
Die handleiding is tweetaling (Afrikaans en Engels) en die DVD is in Afrikaans. |
|
|
|
|
|
| EG004 DVD-pakket Leer om met jou kind te speel |
Kinders het nodig dat hulle ouers met hulle speel sodat hulle emosioneel kan ontwikkel. Hierdie DVD en praktiese handleiding wys ouers 'n terapeutiese metode om met hulle kinders te speel sodat die kind se selfbeeld kan ontwikkel.
Kinders kommunikeer deur spel en ouers verstaan dikwels nie die taal van kinders se spel nie. 'n Kind se verbale vermoë om te kommunikeer is beperk en dit is deur spel wat hulle hul gevoelens uitdruk.
Tieners sukkel om persoonlike gevoelens in 'n oop gesprek met ouers uit te druk as ouers nie kleintyd met hulle gespeel het nie.
Vir kinders beteken speel dat die ouer hom/haar erken as 'n belangrike persoon wat 'n veilige verhouding met hom/haar wil bou.
Die praktiese handleiding is in Afrikaans en Engels (tweetalig) en die DVD in Afrikaans beskikbaar. |
|
|
|
|
|
| EG005 Boekie Emosionele Gesinsreëls |
Emosionele Gesinsreëls
'n Boek in A5 vorm met 45 emosioneel reels vir die gesin. Een reël geld vir ‘n week. Die reëls word dus oor 'n tydperk van 45 weke in die gesin geïmplementeer.
Gedurende elke week moet die betrokke week se reël so opsigtelik as moontlik iewers in die huis opgeplak word. Gesinslede is dan daarop ingestel om die hele week die reël toe te pas. Na ‘n week word die reël met die volgende een vervang.
‘n Voorbeeld van so ‘n reël is:
“In ons huis mag ons gevoelens ervaar. Ons mag kwaad, bang, hartseer en bly voel."
Die voordele van hierdie emosionele reëls is:
- Gesinslede begin bewus word van hul eie en mekaar se emosies.
- Emosies begin bewustelik ervaar word.
- Kommunikasie tussen die gesinslede oor emosionele onderwerpe word aangemoedig, asook kommunikasie in die algemeen.
- Gesinslede begin mekaar vertrou en ‘n hegte gesinsband word gevestig.
- ‘n Rustige emosionele klimaat ontwikkel in die gesin.
- Die gesin begin gemaklik raak met emosies en gee vir mekaar toestemming om te mag voel.
- Die kinders begin meer gehoorsaam raak omdat hulle emosionele versorging ervaar.
|
|
|
|
|
|
| EG006 Bordspeletjie Kinders leer van Emosie |
Die bordspeletjie het die volgende voordele:
· Kinders leer speel-speel van emosies.
· Kinders raak op 'n dieper vlak bewus van emosies, soos om byvoorbeeld te leer dat emosies in veskillende dele van die liggaam ervaar kan word. Daar word ook geleer dat emosies aan kleure gekoppel kan word.
· Verskeie tegnieke word vir kinders geleer om emosies te hanteer.
· Ouers kry 'n geleentheid om met die kind op 'n dieper emosionele vlak te kommunikeer. |
|
|
|
|
|
| EG007 Muurkaarte Oggend en Aand Roetine |
| Hierdie muurkaarte is 'n tegniek om kinders onafhanklikheid te leer. Dit maak dit maklik om jou kind trots te leer deur onafhanklikheid te bemeester. Help jou kind om so gou moontlik onafhanklik van jou te funksioneer. Wanneer jy jou kind oorbeskrem, maak jy hom/haar onseker, bang en bekommerd. Die muurkaart is prettig vir kinders en leer hulle vinnig om dinge vir hulself te doen. Jy sal sien hoe trots jou kind op hom/haarself na slegs twee weke is! |
|
|
|
|
|
| EG008 Plakkate Gevoelens |
Hierdie plakkaat wys 22 gevoelens en bevat ook 'n stel speletjies.
Die program hardloop oor 'n periode van 22 weke. Ouers volg die program stap-vir-stap en sal verbaas wees om die emosionele groei by hulle kinders waar te neem. Saam met elke plakkaat is daar 'n speletjie wat die kind help om 22 gevoelens te identifiseer en te onthou. Speel is baie belangrik, want met spel is daar geen kans vir mislukking nie.
Kinders het nie 'n gevestigde emosionele taal nie. Hierdie plakkate en speletjies sal jou kind help om presies te verwoord wat hy/sy op 'n spesifieke oomblik voel. Kinders voel emosioneel bemagtig as hulle hul gevoelens kan identifiseer en kommunikeer. Dit maak dat hulle waardig voel en is bevorderlik vir hulle selfbeeld.
|
|
|
|
|
|
| EG009 Boekie Ouerskap Profiele |
Doen die volgende toets om te bepaal of jy disfunksionele patrone in jou ouerskapstyl het
Hoe hoër jou telling (sou daar meer as 5 "Ja" antwoorde wees), hoe groter die kans dat jy disfunksionele patrone in jou ouerskapstyl kan hê.
Die boekie " Disfunksionele Ouerskapstyle " deur Elize Groenewald beskryf die verskillende disfunksionele ouerskapstyle wat algemeen voorkom. Ouers kan vasstel watter van hierdie patrone onbewustelik deur hulle toegepas word.
In die meeste van die gevalle praktiseer ouers 'n ouerskapstyl wat volgens hulle tot voordeel van die kind se emosionele ontwikkeling sal wees. Dit word egter nie altyd in die kind se leefwêreld as positief en opbouend ervaar nie. Hierdie boekie help ouers om insig te kry in hul ouerskapstyl, sodat hulle 'n meer gesonde styl van ouerskap kan aanleer en toepas waar nodig.
'n Praktiese voorbeeld:
Baie keer wil ouers hul kinders motiveer, maar die kind ervaar dat die ouer nie in hom glo nie. Die kind verloor moed en gee alle verantwoordelikheid oor aan die ouer. Die ouer wil graag die kind help en speel dus sodoende 'n reddende rol in die kind se lewe en gevolglik neem die kind die rol van 'n slagoffer aan.
Hierdie boekie gee 'n uitgebreide uiteensetting van ourskapstyle sowel as praktiese voorbeelde om ouers te lei om hul kinders so ver as moontlik 'n verantwoordelike volwassene te laat ontwikkel.
Pakket: Boekie, 3 X A5 posters en toets |
|
|
|
|
|
| EP006 Sagteware Tyd vir Tafels |
Tyd vir Tafels maak maaltafels maklik vir kinders! Dit bied:
· Interaktiewe speletjies
· Leer Jou Tafels Area – Interaktiewe Kaart
· Interaktiewe Werkskaarte
· Monitor vordering d.m.v Vorderingsverslae
· Drukbare flitskaarte
· Akkuraatheids- en Spoedtoetse
· Aanpasbare moeilikheidsvlakke
Dit is ‘n feit dat kinders baie makliker leer wanneer die materiaal op ‘n informele spelgeoriënteerde wyse aangebied word. Times For Tables inkorporeer hierdie gedagte deur middel van 5 interaktiewe maaltafels speletjies. Al die speletjies het 3 moeilkheidsvlakke om voorsiening te maak vir leerders wat sukkel met hulle tafels sowel as diegene wat meer van ‘n uitdaging soek.
Die program stoor ook die leerder se resultate en daar is ‘n Top Tien Ranglys (Top Ten Highest Scores) wat kinders motiveer om teen hulself te kompeteer – dit terwyl hulle tafels doen!
Die 5 maaltafels speletjies is:
· X-Legkaarte: ‘n Legkaart-bou speletjie waar jou kennis van tafels jou help om die prentjie te voltooi. Dis ‘n wonderlike manier om jou spoed en akkuraatheid met maaltafels in te oefen. Met 3 moeilikheidsvlakke en 40 prente, waarborg on ure se pret!
· Goud Koors: ‘n Maaltafels speletjies wat help om vinnige denkvaardighede te ontwikkel. In hierdie spel val rotse met sekere waardes daarop deur ondergrondse tonnels. Die doel van die speletjie is om die spoorwegtrok onder die bewegende rots te hou sodat die waarde van die vallende rots dieselfde bly as dié op die spoorwegtrok.
· Baltafels: Bars balonne in hierdie speletjie vir die ontwikkeling en verbetering van jou tafelsvaardighede. Die wiskunde probleem verskyn in die lug en die moontlike antwoorde op die balonne. Jy moet die korrekte balon bars voordat die tyd uitloop…
· Numix: ‘n Prettige en kleurvolle raaisel wat een van die kernkonsep van maaltafels (naamlik meervoude) inoefen. In hierdie speletjie, val genommerde blokkies van bo af, van waar hulle op mekaar gestapel moet word. Die hoef doel is om blokkies wat ‘n ry van veelvoude vorm te elimineer, sodat jy verder kan bou!
· Kaasmaal: Kaasmaal is gebaseer op die bordspel Slangetjies en Leertjies, maar met die verskil dat jy die rot se bewegings beheer deur vrae wat verband hou met maaltafels, beantwoord. Gedurende die makliker vlak, kan jy besluit met watter tafels jy wil speel, maar op die medium en moeliker vlakke, kies die rekenaar die tafels.
Vorderingsverslag: Kaarte en Oefeninge
Time for Tables is ontwikkel met die die ouer/onderwyser in gedagte – met spesifieke verwysing na die monitering van ‘n leerder se vordering oor ‘n tydperk. Die inligting word op ‘n maklik-verstaanbare wyse aangebied. In die tafels verslag kan jy ‘n opsomming sien van al die tafels, maar jy kan ook ‘n verslag uitdruk oor ‘n leerder se vordering in al 12 die individuele tafels. Volledige inligting word voorsien vir alle oefeninge en speletjies wat voltooi is.
Ouderdom: Laerskool
Taal: Tweetalig (Engels en Afrikaans)
http://www.youtube.com/watch?v=0TW6_XS5qeg |
|
|
|
|
|
| BD001 Boks en Dice Pakket Wiskunde |
Box ‘n Dice is ‘n kreatiewe Wiskunde-pakket vir jong kinders.
Dit bestaan uit ‘n boksie propvol pret:
- ‘n verskeidenheid konkrete apparaat
- ‘n DVD met aktiwiteite vir kinders
- ‘n elektroniese handleiding vir ouers
Die doel van Box 'n Dice is:
- om ouers te bemagtig en toe te rus met Wiskunde kennis
- om kinders te inspireer en opgewonde te maak oor Wiskunde
- om kinders die geleentheid te gee om Wiskunde prakties te ervaar ten einde 'n vaste grondslag te verseker vir meer formele Wiskunde.
Boksie sluit in: verskeie apparaat, DVD en handleiding vir ouers.
Hierdie is Box 'n Dice Vlak 1 wat fokus op die Wiskunde ontwikkeling van 5 en 6 jarige kinders. Posgeld ingesluit. |
|
|
|
|
|
| BD001 Boks en Dice Pakket Wiskunde |
Box ‘n Dice is ‘n kreatiewe Wiskunde-pakket vir jong kinders.
Dit bestaan uit ‘n boksie propvol pret:
- ‘n verskeidenheid konkrete apparaat
- ‘n DVD met aktiwiteite vir kinders
- ‘n elektroniese handleiding vir ouers
Die doel van Box 'n Dice is:
- om ouers te bemagtig en toe te rus met Wiskunde kennis
- om kinders te inspireer en opgewonde te maak oor Wiskunde
- om kinders die geleentheid te gee om Wiskunde prakties te ervaar ten einde 'n vaste grondslag te verseker vir meer formele Wiskunde.
Hierdie is Box 'n Dice Vlak 1 wat fokus op die Wiskunde ontwikkeling van 5 en 6 jarige kinders. Prys sluit posgeld in.
Hoe doen ek dit?
Die kind sit met sy boksie voor die televisie en doen die aktiwiteite saam met "tannie Marise". Omdat hulle eers die apparaat moet soek in hulle boksie en omdat hulle klein handjies soms nie so vinnig werk nie, moet julle maar die pause-knoppie van die DVD-speler aanwend soos nodig.
Doen slegs 'n afdeling op 'n slag. Die aandagspan van die jong kind is beperk en hulle kan gou belangstelling verloor as hulle te veel aktiwiteite op 'n slag moet doen.
Omdat die aktiwiteite progressief op mekaar volg, kan aktiwiteite herhaal word totdat die kind dit bemeester het. Moenie te haastig aanbeweeg na ander afdelings nie.
Die hoofdoel van die aktiwiteite is dat kinders speel-speel leer en lief raak vir Wiskunde. Hulle moet dit geniet om uit die boksie te werk. Moet daarom geen druk op hul plaas nie en werk stelselmatig, oor 'n tydperk, deur al die aktiwiteite.
Doen die uitbreiding op die aktiwiteite soos in die ouerhandleiding uiteengesit. Speel ook soms met die apparaat sonder om na die DVD te kyk. Kinders moet ook aangemoedig word om hul eie speletjies te speel met die apparaat.
|
|
|
|
|
|
| BD001 Boks en Dice Pakket Wiskunde |
Box ‘n Dice is ‘n kreatiewe Wiskunde-pakket vir jong kinders.
Dit bestaan uit ‘n boksie propvol pret:
- ‘n verskeidenheid konkrete apparaat
- ‘n DVD met aktiwiteite vir kinders
- ‘n elektroniese handleiding vir ouers
Die doel van Box 'n Dice is:
- om ouers te bemagtig en toe te rus met Wiskunde kennis
- om kinders te inspireer en opgewonde te maak oor Wiskunde
- om kinders die geleentheid te gee om Wiskunde prakties te ervaar ten einde 'n vaste grondslag te verseker vir meer formele Wiskunde.
Hierdie is Box 'n Dice Vlak 1 wat fokus op die Wiskunde ontwikkeling van 5 en 6 jarige kinders. Prys sluit posgeld in.
Hoe doen ek dit?
Die kind sit met sy boksie voor die televisie en doen die aktiwiteite saam met "tannie Marise". Omdat hulle eers die apparaat moet soek in hulle boksie en omdat hulle klein handjies soms nie so vinnig werk nie, moet julle maar die pause-knoppie van die DVD-speler aanwend soos nodig.
Doen slegs 'n afdeling op 'n slag. Die aandagspan van die jong kind is beperk en hulle kan gou belangstelling verloor as hulle te veel aktiwiteite op 'n slag moet doen.
Omdat die aktiwiteite progressief op mekaar volg, kan aktiwiteite herhaal word totdat die kind dit bemeester het. Moenie te haastig aanbeweeg na ander afdelings nie.
Die hoofdoel van die aktiwiteite is dat kinders speel-speel leer en lief raak vir Wiskunde. Hulle moet dit geniet om uit die boksie te werk. Moet daarom geen druk op hul plaas nie en werk stelselmatig, oor 'n tydperk, deur al die aktiwiteite.
Doen die uitbreiding op die aktiwiteite soos in die ouerhandleiding uiteengesit. Speel ook soms met die apparaat sonder om na die DVD te kyk. Kinders moet ook aangemoedig word om hul eie speletjies te speel met die apparaat.
|
|
|
|
|
| EP008 Sagteware A+ Spelling |
Verbeter jou spelling sonder sukkel binne 21 dae met hierdie 9 rekenaar spel-aktiwiteite.
Inhoud:
-
Kies die regte spelwoord.
-
Spel met begrip (woordverklarings)
-
Lettermatriks (spellingraaisels)
-
Luister en spel. 10 000 spelwoorde in gebruik
-
Letterklanke (kleuter tot gr 2)
-
Kyk en spel (woord assosiasie)
-
Letterklanke (Gr 3-7)
-
Woordblok (spel en speel)
-
3 Moeilikheidsvlakke: Beginner, Gevorderd, Ekspert
Stelselvereistes: Windows 98-XP, Pentium 2 Prosesseerder, 64MB RAM, 800x600 skerm resolusie, 16bit klank kaart, 200MB Hardeskyf, 4x cd-rom |
|
|
|
|
| EP009 Sagteware A+ Lees |
| Verbeter jou leesspoed binne 21 dae! Die program bevat:
Kleuters tot graad 2:
Gr 3-7:
-
Woordraai (Raai die woord reg of sink...)
-
Oogoefeninge (Wat sien jy? / Teikenskiet / Oogspanwydte / Prentbou met letters en syfers)
-
Leesoefeninge (Redigering / Hoeveel letters? / Woordjag / Rangskik alfabeties)
-
Spoedlees (Leesspoedoefening / leesspoedtoets / woordspoed)
3 Moeilikheidsvlakke: Beginner, Gevorderd, Ekspert.
LEER LEES TERWYL JY SPEEL!
Stelselvereistes: Windows 98-XP, Pentium 2 Prosesseerder, 64MB RAM, 800x600 skerm resolusie, 16bit klank kaart, 200MB Hardeskyf, 4x cd-rom |
|
|
|
|
|
| PK006 Pakket vir Disgrafia (Handskrif) op CD |
Disgrafia verwys na leergeremdhede wat verband hou met handskrif. As jou kind sukkel om te skryf, onleesbaar skryf of ander skrifprobleme het, kan hierdie pakket jou help.
Op die CD is die volgende ingesluit:
- Handleiding vir ouers (pdf formaat) met baie wenke, oefeninge en aanpassings wat jou kind kan help om disgrafia te oorkom.
- Rekenaarsagteware, soos 'n Leer Tik-program en 'n Afrikaanse speltoetser.
- Verskeie werksvelle (pdf formaat)
Dis nooit te laat om jou kind te help hiermee nie! Hierdie wenke en oefeninge is geskik vir Gr 1 - 12 leerders.
|
|
|
|
|
|
|
| FK156 Flitskaarte Klanke in woorde |
| Dit kan vir kinders moeilik wees om te verstaan dat woorde uit verskillende klanke saamgestel is. Verder is dit ook soms moeilik om te verstaan dat meer as een lettersimbool net een klank kan maak. Gebruik hierdie flitskaarte om die begrip van klanke wat woorde vorm, vas te lê. Volledige instruksies ingesluit. |
|
|
|
|
|
| MR023 Ouerhandleiding Slaag die Graad: Graad 1 |
Praktiese wenke oor hoe om jou kind deur Graad 1 te kry. Sluit in:
Help jou kind om meer onafhanklik te word
Leer jou kind lees met begrip
Leer huiswerk hanteer
Hoe werk 'n skoolrapport?
Hoe kan ek my kind se taal-, luister- en wiskunde vaardighede ontwikkel? |
|
|
|
|
|
| PR022 Plakkate Nuwe Geldnote |
| Leer ken die nuwe banknote van ons land. Hierdie plakkaatreeks bestaan uit 5 plakkate (een vir elke banknoot). Geskik vir Gr 1 - 7. |
|
|
|
|
|