Vanaf Graad 2 leer ons kinders tafels op skool. Daar is voorskrifte van die Departement van Onderwys in die verband wat beteken die kinders leer geleidelik vanaf Graad 2 tot en met Graad 5 die tafels aan. Die meeste skole hou nie so streng by die minimum riglyne nie en leer sommer so gou as moontlik die meeste tafels aan.
Feit bly, ons kinders moet tafels leer.
Daar is niks spesiaals aan tafels nie: dit is bloot 'n lys van feite wat gememoriseer moet word.
Leer met Kleurassosiasies

Daar is verskillende leerstyle (ouditief, visueel en takties) en om almal te akkommodeer, het Tuishulp 'n nuwe produk: Leer Tafels met kleurassosiasies. Dit is veral die visuele en taktiese leerders wat hierby sal baat vind.
Die aanleermetode werk met 'n stel flitskaarte. Elke getal het sy eie kleur waarmee dit geassosieer word. 2, byvoorbeeld, is regdeur alles op pienk gedruk. Die kind maak dus 'n prentjie van die kleure in sy kop. Hy onthou dat pienk, pers en rooi 'n kombinasie is van 2, 3 en 6. So leer hy dat 2 x 3 = 6 maar ook dat 3 x 2 = 6. Hy leer sommer gelyktydig dat 6 ÷ 2 = 3 en 6 ÷ 3 = 2. Die stel van 121 flitskaarte is beskikbaar in pdf formaat, sodat jy dit kan uitdruk en ook in Powerpoint Show formaat om sommer direk op die rekenaar te speel.
Dit sal heeltemal oorweldigend wees om alles gelyk vir jou kind te gee. Ons stel voor jy begin eers met die 2x-tafel. Laat jou kind goed kyk na die kleurkombinasies en dit so memoriseer. Die brein soek altyd patrone, so laat jou kind deurentyd kyk vir patrone. Soos wat jy meer tafels bekendstel, so sal meer patrone opgemerk word. Die kleure maak dit natuurlik baie meer opsigtelik. Druk 'n stel uit en laat jou kind daarmee speel en dit vir homself flits. Plak dit op teen sy kamermuur of iewers anders in die huis sodat hy dit voortdurend sien. Die rekenaarweergawe kan hy deurkyk en daarmee verdere bruggies in sy brein bou om dit makliker te memoriseer.
Sodra jou kind die 2x-tafel onder die knie het en vele kere die kaartjies geflits en bekyk het, kan jy die kleurvrae bekendstel. Jy sal verbaas wees hoe goed het hy dit in kleur gememoriseer!
Die 2x tafel-stel bestaan uit 33 flitskaarte. Die kleure wat gebruik word, stel ooreen met dit wat jou kind in die kleurassosiasie-stel geleer het. M.a.w. 2 bly pienk! Op elkeen van die flitskaarte is daar egter nou 'n getal uitgelaat. Jou kind weet dalk nie dat 2 x 6 = 12 nie en sukkel om dit te onthou, maar sy brein het die kleurassosiasie gemaak, en hy sien die rooi blok. Onmiddellik "sien" sy brein 'n 6. Hierdie stel vrae maak voorsiening vir al die kombinasies. Dit beteken enige van die 2 maalgetalle of die produk is uitgelaat. Baie kinders ken die maaltafels, maar maak nie die skakel tussen die maaltafel en die deeltafel nie! Jy kry weereens die kleurvrae in pdf formaat om te druk of in Powerpoint Show-formaat sodat jou kind dit sommer direk op die rekenaar kan doen.
Sodra jou kind die 2x tafel onder die knie het, gee jy vir hom die kleurkaarte van die 3x tafel. Jy herhaal die proses van kleurassosiasies en kleurvrae tot hy die hele stel tafels van 2x tot 12x bemeester het. Teen hierdie tyd het jou kind se brein die kleurassosiasies so sterk gevorm dat hy in terme van kleur dink en nooit die tafels sal vergeet nie!
Om te toets of hy alles ken, sluit ons 'n ekstra stel kleurvrae van 363 flitskaarte in. Dit is bo en behalwe die ander stelle kleurvrae. Hierdie reuse stel is ook in pdf formaat en as Powerpoint Show beskikbaar. Jou kind kan nou kyk hoe goed ken hy die tafels as dit gemeng word. Die tafels word deurmekaar gevra en een van die volgende is op elke flitskaart uitgelaat: getal x getal = produk.
Addisionele aktiwiteite met die kleurkaarte:
Die groot geheim is dat jou kind so veel as moontlik keer die kleurkaarte moet sien om die assosiasies te maak.
Die taktiese leerder sal jy ook toelaat om die kaarte te hanteer en te manipuleer.
Laat jou kind toe om die kaartjies in volgordes te pak wat vir hom die maklikste prentjie vorm.
Deursoek die kaartjies vir ooreenkomste en patrone.
Kyk na herhalings. 2 x 3 = 6 en 6 x 3 = 2 het dieselfde kleure en die blokke word net omgeruil.
Werk teen tyd - laat jou kind kyk hoe vinnig kan hy deur die kaartjies flits en die antwoorde sê.
Hou die een blokkie toe en kyk of jy die getal kan onthou.
Onbeperkte tafelsomme
Ons sluit 'n Excel-werkboek in waarmee jy onbeperkte hoeveelheid tafelsomme kan maak. Die dokument is heeltemal veilig en werk met makro's. Jy moet dit "enable" as die rekenaar jou vra.
Die programmetjie is eenvoudig en maklik om te gebruik. Jou kind kan sommer homself op die rekenaar toets of jy kan dit vir hom uitdruk.
 |
 |
Daar is maalsomme vir elkeen van die tafels 2x tot 12x. Daar is ook deelsomme vir die elkeen van die tafels. Die programmetjie maak verder voorsiening vir gemengde somme waar die tafels deurmekaar gevra word.
Daar is 'n opsie om antwoorde te kontroleer. En met die druk van 'n knoppie kry jy 'n hele nuwe, vars stel somme. Jy sal nooit weer uit tafelsomme uithardloop nie!
Om die volledige Tafels met Kleurassosiasie te bestel, stuur 'n e-pos na admin@tuishulp.co.za.
|