Tuishulp
Leerhulp in jou taal!
Gereelde Vrae

Tuishulp Kontakdetails:
E-pos: admin@tuishulp.co.za
Selfoon: 082 338 3173

1. Wat is die doel van die webwerf?

Ons wil graag Afrikaanssprekende ouers help om hulle eie kinders tuis by die huis te help. 

2.  Hoe gaan ek te werk om iets te bestel?

Besoek ons Produkte-blad.  Merk alles wat jy graag wil ontvang deur op Add to Cart te kliek.  Wanneer jy klaar is, kliek op Buy.  Jy sal jou bestellingslys kan sien en wysig.  Kliek op Checkout om voort te gaan.  Vul jou besonderhede in en kliek op Continue

3.  Hoe betaal ek?

Jy kan die totale bedrag in ons bankrekening inbetaal en ons in kennis stel van jou betaling.  Gebruik asseblief jou naam en van as verwysing.  Ons bankbesonderhede:
FNB Tjekrekening nr 62174040685.  Takkode: 210114

4.  Ek het nie Internet bankdienste nie - hoe gaan ek te werk?

Indien jy nie anders kan nie en jy moet kontant (geld in jou hand) by die bank gaan inbetaal, voeg asb die bankkoste by jou totale bedrag vir elke transaksie.  Kontak ons by admin@tuishulp.co.za vir die presiese bedrag.

5.  Hoekom moet ek meer betaal as ek kontant inbetaal?

Die bank hef die bankkoste teen ons rekening vir elke kontanttransaksie.  As jy R20 se produkte koop, beteken dit die grootste deel van die betaling gaan net so aan die bank!

5.  Wanneer ontvang ek my bestelling?

Sodra ons jou betaling ontvang het, versend ons jou produkte.  Dit beteken dat e-pos bestellings jou dieselfde dag gaan bereik.  Produkte wat per pos gestuur word, neem 5 - 7 dae.

6.  In watter formaat is die e-pos bestellings?

Meeste produkte wat per e-pos gestuur word, is in pdf formaat.  Alle ander formate word aangedui, indien van toepassing.

7.  Mag ek die produkte in my kleuterskool gebruik?

Jy het skriftelike toestemming van ons nodig om dit te doen.

8.  Mag ek die dokumente aanstuur vir my suster of my vriendin - sy het ook kinders?

Jy mag dit slegs aanstuur indien jy ons betaal vir elke persoon na wie jy dit aanstuur.  Help ons om te kan voortgaan met hierdie projek.

9.  Hoeveel keer mag ek die dokumente druk vir my eie gebruik?

Soveel kere as wat jy wil! Solank jy dit gebruik vir jou eie kinders en nie op enige manier versprei nie.

10.  Ek voel onseker oor die gebruik van die Produkte-blad en inkopietrollie.  Is daar enige alternatief?

Ja, verseker!  Stuur vir ons 'n e-pos na admin@tuishulp.co.za en ons stuur vir jou per e-pos 'n volledige lys van ons produkte.  Dan laat weet jy vir ons watter jy wil bestel.  Sodoende kan ons die hele transaksie via e-pos afhandel.

11.  Daar is 'n probleem met die CD of DVD wat ek aangekoop het.  Kan ek dit omruil?

Ja, verseker!  Stel ons binne 7 dae vandat jy die CD of DVD ontvang het, in kennis, stuur die beskadigde produkte terug en ons stuur onmiddellik vir jou 'n ander ene.

12.  Bied julle enige geld-terug-waarborg?

Ja, indien jy nie 100% tevrede is met die CD of DVD nie, en jy laat weet ons binne 7 dae van ontvangs, sal ons jou terugbetaal.  Hierdie reëling geld nie vir e-pos dokumente nie, so maak asseblief seker van jou bestelling voordat jy dit plaas.

13.  Waar is julle winkel?

Tuishulp is 'n Internetgebaseerde winkel en ons het nie 'n fisiese winkel nie.  Ons amptelike posadres is: Posbus 1808, George, 6530.  Ons lewer produkte via die Internet aan ouers landswyd, asook wêreldwyd.

14.  Hoe kan die produkte so goedkoop wees?

Ons wil graag 'n diens lewer en probeer dit so goedkoop as moontlik doen.  Die meeste van ons produkte is spotgoedkoop.  Ons het wel 'n paar spesialiteitsprodukte wat teen 'n hoër prys verkoop word.  Solank ouers aanhou om ons te ondersteun, sal ons produkte so goedkoop as moontlik voorsien.

15.  Kan julle die produkte vir my klaar druk en aanstuur?

Ja, sekerlik.  Ons kan die meeste dokumente in volkleur en beste kwaliteit uitdruk, lamineer en vir jou pos.  Skryf 'n e-pos aan admin@tuishulp.co.za om die pryse aan te vra.

16.  Is die dokumente groot?  Sal my e-posbus dit kan ontvang?

Sommige van die dokumente is nogals groot (in die omtrek van 5MB).  Dit is nie vir ons altyd moontlik om dit kleiner te maak nie, so jou e-posbus moet ten minste 5MB kan ontvang.  Indien jy 'n stadige lyn het, kan ons dit vir jou teen 'n geringe koste op CD skryf en pos.  Jy kan dan nogsteeds die dokumente uitdruk na jou behoefte.

17.  Ek soek 'n spesifieke produk wat nie beskikbaar is nie.  Kan julle my help?

Ons verwelkom altyd nuwe idees.  Stuur asseblief vir ons 'n beskrywing van wat jy soek en ons sal probeer om dit vir jou te ontwikkel.

18.  Ek wil die flitskaarte in 'n kleiner formaat druk, bv 4 op 'n bladsy.  Kan ek dit doen?

Sekerlik!  Jy verstel die instellings op jou drukkersagteware.  Elke drukker het 'n spesifieke metode.  Hier is 'n voorbeeld oor hoe om dit te doen.


Stuur jou vrae aan: admin@tuishulp.co.za